Jan-van-wyk-logo

 

 

So we have the prophetic word made more sure, to which you do well to pay attention as to a lamp shining

in a dark place, until the day dawns and the morning star arises in your hearts (2 Pet 1:19)

Die Krag van Pinkster

Die Heilige Gees krag - die dringende behoefte van die kerk

Indien ons in hierdie dae wil sien hoedat God se arm in beweging kom -
Indien ons volwasse, oorwinnend en bruikbare Christene wil wees, dan moet ons ons dringende behoefte vir die Krag van die heilige Gees raak sien.
 

  • Ons benodig nie nuwe metodes nie

  • Ons benodig nie godsdienstige ruk en rol konserte nie.

  • Ons benodig nie nuwe Bybels nie.

  • Ons benodig nie nuwe teologie nie.

  • Ons benodig nie meer geld nie.

  • Ons benodig nie moderne geboue nie.

  • Ons benodig nie doktorale grade nie.

  • Ons benodig nie kleurvolle vermaak nie.

  • Ons benodig nie verbruiker vriendelike afgewaterde prediking nie.


Ons benodig die Krag van die Heilige Gees
Dit is die dringende behoefte van die kerk
Die duiwel val die kinders van God aan met alle wapens tot sy beskikking. Wat se hoop het ons om die stryd te wen? Die weg na oorwinning is alleenlik deur die krag van die Heilige Gees Efesiërs 6:10 – 11 verklaar: Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Watter hoop het ons om meer soos Jesus te word? Hoe kan ons geestelike volwassenheid bereik en ‘n effektiewe getuie vir Christus word? Die enigste hoop is deur die krag van die Heilige Gees. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is (2 Kor 3:17,18). 

Wat is die voorvereiste om deur God gebruik te word en om vrug voort te bring? Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie (Joh 15:4,5).
 
Dus is dit nie vreemd dat die apostels en eerste dissipels herinner is aan hulle behoefte vir die Heilige Gees krag  nie. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte (Lk 24:47-49).

Hand 1:8  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Waarom al die beklemtoning op die Heilige Gees? Dit is baie eenvoudig: Die Gees van God is ons enigste hoop om vrugbaarheid en bruikbaarheid. Sonder Hom is ons totaal kragteloos en hulpeloos.


Die dringende behoefte van die kerk is Geesvervulde leiers en lidmate wat besig is met die werk van die Here.

  • Ons benodig Geesvervulde predikers

  • Ons benodig Geesvervulde jeugleiers

  • Ons benodig Geesvervulde Sondagskool personeel

  • Ons benodig Geesvervulde siele wenners

  • Ons benodig Geesvervulde ouers

  • Ons benodig Geesvervulde manne en vroue

  • Ons benodig Geesvervulde kleuterskool werkers

  • Ons benodig Geesvervulde diakens

  • Ons benodig Geesvervulde tieners

  • Ons benodig Geesvervulde volwassenes

  • Ons benodig Geesvervulde, weergebore gelowiges!


Die tekens van die imminente koms van Christus word voor ons oë vervul en dit is juis in tye soos die dat ons ons dringende behoefte vir die krag van die Heilige Gees moet erken.

  • Is u bewus van  u u dringende behoefte aan die krag van die Heilige Gees?

  • Is u bewus van  u eie swakheid en onvermoë?

  • Besef u dat sonder Jesus, u niks kan doen nie?

  • Is u gewillig om die krag van die Heilige Gees te ontvang?

 

 

 

 


Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo (Joh 7:38,39).

Wat is die dringende behoefte van vandag? DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES.

Vir Bybel gefundeerde gesonde lering oor die Persoon en werk van die Heilige Gees nooi Jan vandag nog deur 0828937053 te skakel

OF

 

 

Nooi hom om oor enige van die volgende en vele ander temas te praat: 

Heiligmaking – lering oor “hoe om die mens te wees wat God wil hê jy moet wees.”


God se Leiding – lering oor die belangrikheid om God se stem te hoor.

Egskeiding Bestand – lering oor die Christelike huweliksbeginsels

God se Man – Ideaal vir die manne.

God se vrou – Ideaal vir die vroue.

Eskatologie – Lering oor die Eindtye. 

 

Plus vele ander Bybelse onderwerpe

 

JULLE SAL KRAG ONTVANG

God vervul Sy beloftes

undefined

Dit was die derde diens van ‘n diens reeks oor die Heilige Gees wat vanaf 18-21 Oktober te Kabega Park, Port Elizabeth, gehou is. Die gemeente was besig met die sing van die laaste aanbiddingslied, toe ek skielik bewus word van ‘n besondere salwing van die Here wat op my neerdaal. Terselfdertyd kom daar in my hart ‘n brandende begeerte om oor die wêreld te beweeg om mense te bedien m.b.t. die persoon en werking van die Heilige Gees en om ook vir hulle te bid vir die doping met Heilige Gees krag.  Dit was toe dat ‘n profetiese woord van God deur ‘n man wat in die agterste ry banke gestaan het, gespreek is.  Die volgende sinsnede was deel van die profesie wat die man gespreek het: “Ek sal aan jou jou hartsbegeerte gee as jy voor my neerkniel....”  Onmiddelik het ek geweet die Here praat met my en het net daar neergekniel met die oortuiging dat God besig was om my in ‘n nuwe seisoen in te lei – ‘n seisoen van evangelistiese lering oor die Krag van die Heilige Gees.

Kort daarna het ek oor die Heilige Gees lering gegee en diegene wat die doping met die Heilige Gees wil ontvang na vore genooi. Na gebed is hulle deur Jesus gedoop met die Heilige Gees met die aanvangs bewys dat hulle in tale gespreek het.

My wens en bede is dat jy en jou mense ook die krag van die Heilige Gees deelagtig sal word, sodat ons almal geesvervulde getuies vir die Meester sal wees. Soos hier langsaan genoem, is dit die dringende behoefte van ons dag. Laat ons dus saam vorentoe beweeg in hierdie veranderende tye.

Ek is meer as bereidwillig om u gemeente te besoek om u met hierdie bediening te assisteer of andersins oor enige ander tema volgens u behoefte.  Voltooi slegs die vorm hieronder en dien dit in deur op “submit” te klik. En ek sal u so spoedig moontlik kontak.

Mag die Here u baie ryklik seën

Jan van Wyk

Voltooi Vorm Asb

Klik op "Submit"

Contact Form:

Contact Form

Contact us:

Tel and address detail:

JVW Ministries
55 Beefwood Crescent
Jeffreys Bay
6330

Mobile:+27 82 893 7053

Office: +27  (0)42 296 0175 
Email:  admin@jvwministries.co.za  info@nikosministry.co.za

OK / Close