Jan-van-wyk-logo

 

 

So we have the prophetic word made more sure, to which you do well to pay attention as to a lamp shining

in a dark place, until the day dawns and the morning star arises in your hearts (2 Pet 1:19)

OGGEND OORDENKINGS EN BYBELVRAE

ONTVANG OORDENKINGS EN BYBELVRAE ANTWOORDE OP JOU FOON

Elke oggend stuur Dr Jan 'n bemoedigende, tog uitdagende, oordenking per "Voice Note" via whatsapp boodskap aan luisteraars. Daarbenewens bied hy luisteraars ook die geleentheid om enige Bybelvrae wat hulle wil vra, aan hom te stuur wat hy dan soos tyd toelaat, beantwoord. Sondae stuur hy 'n Oggenddiens aan luisteraars wat 'n kort preek behels. Neem kennis dat alle vrae Bybel verwant moet wees. Dit moet ook nie gaan oor persoonlike vetes met ander gelowiges nie. Kerk genootskappe sal nie teen mekaar afgespeel word nie. Dr Jan antwoord die vrae op grond van sy verstaan van die Bybel en sal geensins in enige debat of twis betrokke raak nie. Om deel te neem en elke oggend die OORDENKING te ontvang, voltooi die vorm hier langsaan.

 

favourite-ad-copy-2

BESTEL DIE  VOLGENDE EN VERBREED JOU KENNIS

HIERDIE USB STOKKIES BEVAT DIE VRUG VAN JARELANGE STUDIE

USB 1 DIE 66 BYBELBOEKE  - Dr Jan gee 'n kort tog duidelike sinopsis van elkeen van die 66 Bybelboeke. Inligting mbt die skrywer en die rede vir die skryf daarvan word deurgegee, asook die relevansie van die boodskap wat elke boek vandag vir ons inhou en beteken.. 

USB 2 50 Bybelvrae en Antwoorde - Hierdie USB stokkie bevat relevante Bybelvrae wat deur persone van oor die wêreld ingestuur was en deur Dr Jan beantwoord is. Vrae wat beantwoord is sluit in onderwerpe soos die Sabbat, die Hemel, Verassing of Begrawe, Tatoeëring, Saligheid, Onvergeeflike Sonde, die Sonde tot die dood, My Naaste, die Boek van die lewe, Towerheks van Endor, Melgisedek en vele ander.

USB 3 STAP DEUR DIE BYBEL - Die inhoud van dié USB stokkie bevat Dr Jan se verduideliking oor wat en waarom ons sekere dinge glo. Hy praat oor die Bybel, die Skepping, God, die Drie-Eenheid, Christus Jesus, die Heilige Gees, Saligheid, die Sakramente van die Nagmaal en die Doop, en die Wederkoms. 

USB 4 Lerings + Die Dood - Hier word verskeie lerings  deur Dr Jan aangebied, insluitende die onderwerp waaroor daar so baie gewonder en bespiegel word, naamlik, die Dood. Die luisteraar word geleer wat die dood behels asook wat gebeur met geredde en ongeredde afgestorwenes ná die dood. Hierbenewens is daar ook Lerings oor Engele, Jesus en die Onderwêreld, Jesus se drie dae en drie nagte in die Graf, die Wegraping en Wederkoms, Saligheid en Wie maak dood.

stokkies2-copy

VOLTOOI OM OGGEND OORDENKING TE ONTVANG

HOE OM TE BESTEL

LEES ASSEBLIEF DIE INSTRUKSIES SORGVULDIG

1. Deponeer die relevante bedrag in die volgende rekening:-

CAPITEC BANK

JVW MINISTRIES

REK NR: 1701521553

SPAAR REKENINg

2. Gebruik u naam as verwysing en stuur u straatadres per whatsapp aan 082 893 7053. U bestelling sal per koerier binne 3-5 dae by u adres afgelewet word.

WAT ANDER SÊ

Baie Baie Dankie vir die lieflike boodskappe elke dag. Ek waardeer elke oggendend oordenking en let op elke stukkie informasie en die goeie samestelling daarvan. - Donette Saunders

 

Ek is so bly en dankbaar dat alles op die USB stokkies beskikbaar is. Nou kan ek daarna luister soos en wanneer ek 'n tydjie kan afknyp. Dit maak dat ek oor en oor daarna kan luister. - Jo Weber 

 

Sjoe!! Dok Jan. Niemand het dit al so mooi vir my verduidelik nie. Baie dankie - Trix Writes

 

Dok Jan Ek het nog so baie  kwaliteit en waarheid, woordgebaseerde leiding, soos die wat ek by u kry nodig om kundig te word in God se Woord - Werda Hattingh

 

 


Contact Form:

Contact Form

Contact us:

Tel and address detail:

JVW Ministries
55 Beefwood Crescent
Jeffreys Bay
6330

Mobile:+27 82 893 7053

Office: +27  (0)42 296 0175 
Email:  admin@jvwministries.co.za  info@nikosministry.co.za

OK / Close